‘…en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.’
– Elkeen van ons het ‘n spesifieke wedloop wat God vir ons uitgelê het.
– Geen twee individue het dieselfde wedloop of pad om te loop nie.
– God het ‘n unieke plan en doel vir elkeen van ons lewens.
– Met Sy hulp kan ons ons wedloop aflê en die doel bereik wat Hy vir ons het.
Gebed: Vader, dank U dat U my geroep het om die wedloop te loop wat U vir my voorberei het. Mag ek my oë op U rig, sodat my aandag nie afgelei word nie. Help my om met volharding te hardloop sodat ek alles kan geniet wat U vir my voorberei het. Amen.