‘en hy (Abraham) het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.’
– Abraham het in geloof voorentoe getree sonder om die eindbestemming te ken.
– Soms moet ons voorentoe tree al is ons onseker.
– Ons moet God vertrou selfs wanneer ons nie al die antwoorde het nie.
– Die Here ken Sy plan vir jou lewe en dit is al wat jy hoef te weet.
Gebed: Vader, U ken die einde van die begin af, en U ken al die treë tussenin. Ek kies om U te vertrou en op U staat te maak selfs wanneer ek onseker en onveilig voel. Ek doen dit omdat ek weet dat ek U met my toekoms kan vertrou. Amen.