‘Deur die geloof het Josef aan die einde van sy lewe melding gemaak van die uittog van die kinders van Israel en bevel gegee aangaande sy gebeente.’
– Selfs toe Josef op sy sterfbed was, was hy oortuig van God se getrouheid.
– Selfs toe daar geen bewyse was van dit waarop hy gehoop het nie, het hy geglo.
– Hy het geweet dat daar ‘n tyd sou kom wanneer dinge sou verander en anders sou wees.
– Hy kon dit doen omdat sy geloof en vertroue in God sterk was.
Gebed: Vader, ek bid dat my geloof versterk sal word. Ek kies om U te glo en te glo dat U goeie dinge vir my voorberei het. Ek sal nie toelaat dat enigiets wat ek deurgaan, my vertroue in U sal ondermyn nie. Amen.