‘Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.’
– Ons vertroue en geloof in die Here sal goeie resultate lewer.
– Tyd wat verlore gaan, en moeilike omstandighede, is geen kwessie vir die Here nie.
– Ons verantwoordelikheid is om te glo en om aan te hou glo.
– Moenie vra hoe Hy dit gaan doen nie, weet net dat Hy Sy beloftes sal nakom.
Gebed: Vader, Ek verklaar dat ek in U GLO en in U beloftes aan my. Ondanks hoe dinge mag lyk, hoeveel tyd verby is en die oormag wat teen my is, kies ek om te glo. Amen.