Daaglikse Bybel Vers: Hebreërs 1:10
‘U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.’
– Elke begin is ‘n gawe van die Here aan ons.
– Elke jaar is ‘n nuwe begin en elke dag ‘n vars begin.
– Die Here het die fondasie gelê en die verhoog gestel.
– Ons kan eenvoudig net die toekoms ingaan, wetende dat Hy alreeds daar is.
Gebed: Vader, dankie vir die nuwe begin van ‘n Nuwe Jaar wat U vir my gee. Ek bid dat ek die gawe sal aangryp en dit gebruik om vir U eer en heerlikheid te bring! Amen.