‘Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou.’
– Ons moet styfvashou aan die hoop wat in ons lewe.
– Ons kan ook glo dat God Sy beloftes hou.
– Kom ons hou, sonder twyfel, styf vas aan die hoop wat ons in die Here het.
– Die Here is getrou en Hy sal doen wat Hy gesê het dat Hy sal doen.
Gebed: Vader, Ek gryp my hoop in U aan, my Here, en ek vertou, maak staat en bly glo in U getrouheid en U beloftes. Amen.