‘En toe veertig jaar verby was, het ‘n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van ‘n doringbos.’
– Maak nie saak hoeveel tyd verloop het nie, weet dat God jou nie vergeet het nie.
– Na 40 jaar in die woestyn het God steeds ‘n plan vir Moses gehad.
– Hy het ‘n plan en ‘n doel vir jou lewe.
– Kyk Uit vir die onverwagte en glo dat God dinge kan omdraai!
Gebed: Vader, dankie dat ongeag wat ek deurgemaak het, en ongeag hoeveel tyd daar verloop het, U nogsteeds ‘n plan vir my lewe het. Ek sal met afwagting uitsien, om te sien hoe U met my sal praat en hoe U my sal gebruik. Amen.