‘EN Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.’
– Wanneer ons deur God se krag in staat gestel word, kan wonderlike dinge plaasvind.
– Geloof en krag lei tot wonderwerke en deurbraak.
– Vrees en negatiwiteit beroof ons van ons vertroue in God.
– Gryp jou geloof en die krag wat Hy jou gee aan en wees dapper.
Gebed: Vader, ek kies geloof bo vrees, krag bo swakheid, en hoop bo wanhoop en twyfel. Ek sal op U en U krag in my lewe vertrou. Ek bid dat ek in die proses, ‘n bemoediging vir diegene rondom my sal wees. Amen.