‘Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn …’
– Die Here wil hê dat jy moet opstaan in Sy krag en vermoë.
– Hy het ‘n plan en ‘n doel vir jou lewe.
– Jy is nie deur ‘n fout of per ongeluk hier nie.
– Wees bemoedig, Hy het jou vir Sy doeleindes, gekies en aangestel.
Gebed: Vader, dank U vir die versekering dat U ‘n plan en doel vir my lewe het. Ek kies om op te staan en te vat wat U vir my het. Mag my lewe ‘n instrument in U hand wees en mag ek ‘n seën vir almal om my wees. Amen.