‘As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.’
– Die herinneringe aan God se grootheid en getrouheid kan oral om ons gesien word.
– Sy belofte en Sy ewige verbond met jou sal nooit verbreek word nie.
– Herinner jouself dus aan Sy getrouheid en Sy goedertierenheid teenoor jou.
– Verwag die beste, glo in Sy goedheid en wandel in Sy vrede.
Gebed: Vader, ek kies om vandag te rus en te onthou dat U ‘n getroue God is. Ek neem hierdie oomblik om myself te herinner dat U ‘n God is wat Sy verbond gestand sal hou. U sal aan my getrou wees, en ek sal U goedheid in die land van die lewendes sien. Amen.