Daaglikse Bybel Vers: Genesis 9:13
‘my boog gee Ek in die wolke; dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.’
– Die Here is getrou in al Sy beloftes aan ons.
– Hy het ‘n reënboog in die hemel geplaas as ‘n teken van Sy verbond met Noag.
– Hierdie teken is ook ‘n herinnering aan ons dat die Here getrou sal wees.
– Verwag Sy getrouheid, glo in Sy getrouheid en rus in Sy getrouheid.
Gebed: Vader, dankie dat U ‘n getroue, verbondhoudende God is. Ek kies om myself te herinner aan U getroue karakter waarop ek kan staatmaak. Amen.