‘Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.’
– Om die regte ding te doen, bring altyd seën en guns op ons lewens.
– Dit mag nie altyd maklik wees om die regte ding te doen nie, maar dit sal altyd die moeite werd wees.
– Ons behoort voortdurend te probeer om ons sake volgens God se Woord en wil uit te voer.
– En ons moet ook in ‘n noue verhouding met God lewe, en Hy sal ons gebruik.
Gebed: Vader, dit is my begeerte en keuse om ‘n lewe te lei wat U behaag en eer. Ek kies ook om ‘n intieme verhouding met U te hê, want ek weet hoeveel ek U in my lewe nodig het. Amen.