‘Op U verlossing wag ek, Here!’
– Soms is daar ‘n wagtydperk tussen ons gebede en die antwoord.
– Noag moes wag totdat die vloed verbygegaan het.
– Dawid moes wag totdat die bedreiging op sy lewe verwyder is.
– Laat ons dus aanhou glo, vertrou en lewe met hoop.
Gebed: Vader, ek maak staat op U en ek weet dat U die enigste Een is wat die gety kan laat draai en die situasie verander. Waar ek op U wag om te beweeg, kies ek om te vertrou en nie te vrees nie. Amen.