Daaglikse Bybel Vers: Genesis 46:3
‘Toe sê Hy: Ek is God, die God van jou vader. Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ‘n groot nasie maak.’
– Om God se instruksies te volg en altyd gehoorsaam te wees lei tot seën.
– Hy mag ons soms na plekke en situasies lei wat vir ons twyfel en vrees inhou.
– Maar Hy sê vir ons: ‘Moenie bevrees wees nie …’.
– Sy beloftes kan in onverwagte plekke en onverwagte maniere vervul word.
Gebed: Vader, dankie vir U beloftes aan my. Ek sal U vertrou en ek sal nie vrees nie. Ek sal U leiding en rigting in lewe volg en ek sal nie toelaat dat vrees my van stryk af bring nie. Amen.