‘Toe slaan hy (Joseph)sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder,en sê: …….: Mag God jou genadig wees, my seun!’
– Het jy al ooit gewens dat iemand net sal opkyk en sien waardeur jy gaan?
– Die Here wil mense in jou lewe inbring wat jou las kan ligter maak en vir jou kan help.
– Die Here sal mense wat jou sal seën in jou lewe inbring.
– Ek spreek die seën oor jou: ‘Mag God jou genadig wees, my vriend’.
Gebed: Vader, ek ontvang die seën en guns wat U oor my lewe gespreek het. Dankie dat U die regte mense in my lewe sal inbring, mense wat my in U naam sal help, lei en beskerm. Amen.