‘Doen dan nou alles wat God jou gesê het.’
– Om die leiding van die Here te gehoorsaam en na te volg is belangrik in ons lewens.
– Ons moet hoorders en doeners wees van wat HY vir ons sê om te doen.
– Wees moedig en volg God se leiding, selfs in die kleinighede.
– Die Here sal jou gehoorsaamheid aan Sy Woord en opdragte beloon.
Gebed: Vader, dankie dat ek in my daaglikse lewe deur U gelei kan word. Ek vra dat U my sal lei en rig en my die regte weg sal aanwys. Ek kies U weë en U pad vir my lewe. Amen.