‘Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan,…’
– Jy is nooit alleen nie, en jy is nooit absoluut op jou eie nie, want Hy is met jou.
– Sy blywende teenwoordigheid is jou waarborg dwarsdeur die lewe.
– Hy sal jou beskerm, oor jou waak en jou behoed en bewaar.
– Maak nie saak waar jy is nie, of waar jy ook al mag gaan, Hy is net daar met jou.
Gebed: Vader, dankie vir U blywende en ewigdurende teenwoordigheid in my lewe. Elke dag wat U my gee is nog ‘n geleentheid vir my om U liefde en sorg vir my, te vier. Amen.