‘En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.’
– Besef jy dat die egte asem van God in jou is?
– Jy is ‘n lewende wese, omdat Sy lewe deur jou liggaam vloei.
– Sonder hierdie ‘asem van die lewe’ sou ons niks meer as ‘n hoop stof wees nie.
– Hoe groot moet God se liefde nie vir ons wees nie dat Hy Sy lewe in ons gesit het!
Gebed: Vader, Ek dank U dat ek vandag lewe. Ek is verheug oor die feit dat U lewe my lewendig maak, en ek word daaraan herinner dat ek ‘n doel en plesier in U het, my Hemelse Vader. Amen.