‘Toe buig die man hom neer en aanbid die HERE’
– Soms moet ons net wag en God dank vir Sy goedheid.
– Ons ken nie die toekoms nie, maar ons weet dat God ons tot dusver gebring het.
– Die Here wil elke detail van jou lewe uitwerk.
– As ons Hom vertrou, sal Hy ingryp en ons paaie gelyk maak.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U voor ons uitgaan en ‘n pad maak waar dit lyk of daar geen oplossing is nie. Ek wil net hierdie oomblik neem om my neer te buig en U te aanbid, omdat U so getrou aan my was. Amen.