‘En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na My stem geluister het.’
– Deel van God se plan is dat jy Sy seëninge en guns sal geniet.
– Die seën van God is iets wat na die volgende geslag, deurdra.
– Hierdie seën spruit uit ons gehoorsaamheid aan Sy stem.
– Kom ons luister en gehoorsaam Sy stem en die voordele sal verder as ons lewens strek.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan vertrou vir U guns en seën op my lewe. Help my om my lewe te leef sodat ek na U stem sal luister, U leiding sal gehoorsaam en mag my lewe (en die lewens van diegene wat ná my kom) ‘n seën vir ander wees. Amen.