‘Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die Here hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.’
– Die Here is barmhartig en meedoënloos getrou.
– Hy is deeglik bewus van elke detail van ons lewens.
– Hy sal jou nie verlaat nie, maar Hy sal jou aan die hand neem en jou lei.
– Moenie aarsel of twyfel nie, laat Hom toe om jou hand te neem en jou na veiligheid te lei.
Gebed: Vader, dankie vir U goedertierenheid en genade wat U elke dag aan my beskikbaar stel. Ek plaas my hand in U almagtige hand, en ek vra U om my uit te lei en my in die veiligheid van u plan vir my lewe, te bring. Amen.