‘Sou iets vir die Here te wonderbaar wees?’
– Dit is ‘n retoriese vraag want NIKS is te moeilik vir God nie
– As iets vir ons onmoontlik lyk, beteken dit nie dat dit vir God onmoontlik is nie.
– Ons moet onthou dat niks buite die bereik van die Here is nie.
– Hy kan intree en alles omdraai – dit is Sy hart vir ons.
Gebed: Vader, ek is so dankbaar dat U die Almagtige God en die Ewige Vader is. Niks wat ek moet hanteer of deurgaan, is te moeilik vir U om te verander of te herstel nie. Amen.