‘…..die woord van die HERE (het) tot Abram gekom in’n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.’
– Wat ‘n vertroostende en versekerende woord het Abram nie van die Here ontvang nie.
– Hierdie getroue woorde kan ook vir jou vertroosting bring.
– Jy hoef nie te vrees nie, jy het n skild en ‘n groot beloning.
– ‘Moenie vrees nie, Ek is jou skild, jou baie groot beloning.’
Gebed: Vader, ek ontvang hierdie woord vandag as ‘n woord wat van U mond tot my hart kom. Ek sal nie vrees nie, maar ek sal vertrou en nie bang wees nie. Amen.