Daaglikse Bybel Vers: Galàsiërs 6:9
‘En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.’
– Nes daar baie gebruike vir sout is, is daar vele maniere om ‘n seën te wees.
– Soms kan ons moeg word om goed te doen en voel dat dit nie die moeite werd is nie!
– Maar ons word deur Sy Woord aangemoedig om daarin te volhard.
– Die belofte is dat daar ‘n oes vir ons wag – so hou aan!
Gebed: Vader, ek begeer dat my lewe soos sout en lig sal wees. Mag ek ‘n bron van lewe, hoop en seën vir almal in my invloedsfeer wees, en mag ek my beloning maai in die presiese tyd wanneer ekself dit nodig het! Amen.