‘Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur…’
– Van die begin van tyd af het die Here ‘n plan vir ons toekoms gehad.
– Hy is die enigste een wat weet presies wat ons nodig het en wanneer ons dit nodig het.
– Dit is nooit te laat of te vroeg nie, Sy tydsberekening is altyd volmaak.
– Hierdie is die regte tyd vir jou en Sy kosbare Seun is hier vir jou!
Gebed: Vader, dankie dat U, U Seun as Here en Verlosser na die wêreld toe gestuur het. Ek gee my lewe oor aan U en ontvang die grootste geskenk ooit, U Seun. Amen.