Daaglikse Bybel Vers: Filippense 3:14
‘Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.’
– Ek en jy is geroep om voort te gaan en nie op te gee nie.
– Dit is nie ‘n opsie vir ons om op te gee of om die handdoek in te gooi nie.
– Ons moet die goeie stryd stry, ons moet deurdruk in hierdie wedloop wat voor ons lê.
– Moenie ontmoedig word nie, druk deur en onthou daar is ‘n hemelse beloning!
Gebed: Vader, ek kies om deur te druk. Ek lê die verlede neer en sien uit na dit wat voor lê. Mag ek my wedloop met lydsaamheid en vasberadenheid aflê wetende dat aan die einde sal ek die beloning ontvang wat U vir my voorberei het. Amen.