‘Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.’
– Ons lewens kan ‘n baie positiewe invloed hê as ons ander help.
– Selfsug keer die vloei van seën en guns in ons lewens.
– Wanneer ons vriendelik en bedagsaam teenoor ander is, sal bedagsaamheid na ons toe vloei.
– Moenie huiwer om ‘n seën te wees nie, jou pogings sal beloon word.
Gebed: Vader, ek kies om ‘n seën vir almal om my te wees. Help my om in ander se situasies en probleme belang te stel. Help my om vir ander ‘n hulp te wees. U is die Een wat ons beloon vir wat ons gedoen het. Amen.