Daaglikse Bybel Vers: Filippense 1:3
‘Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink –’
– Die Here bring verskillende mense in ons lewens in en ons moet hulle waardeer.
– As jy terugkyk in jou verlede kan jy die mense onthou wat ‘n seën was?
– Laat ons dankbaar wees vir die mense wat die Here in ons lewens inbring.
– Laat ons lewens ook ‘n seën wees, sodat ander ons met dankbaarheid sal onthou.
Gebed: Vader, dank U vir die mense wat ek in my lewe het en die wat U my pad laat kruis het. Ek bid vir die mense in my invloedsfeer en bid dat ek ‘n bron van seën in hulle lewens sal wees omdat in my lewe. Amen.