Daaglikse Bybel Vers: Filippense 1:21
‘Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.’
– Ons moet elke dag met visie en ‘n doel lewe.
– Ons visie en doel is om vir ons Verlosser te lewe en Hom in alles te dien.
– Vandag is belangrik, lewe dus so, dat jou lewe eer aan Hom bring.
– Wanneer ons aardse lewe oor is sal net wat ons vir Hom gedoen het, bly staan.
Gebed: Vader, dank U dat ek my lewe kan lewe om U te vier en om U te eer. Ek kies om te lewe om U te behaag en eendag wanneer ek U van aangesig tot aangesig sal sien, dit die moeite werd sal wees. Amen.