Daaglikse Bybel Vers: Exodus 3:8
‘Daarom het Ek (Die HERE) neergedaal om hulle uit die hande van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land , na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, …’
– Die Here is ons groot Verlosser en Redder.
– Die Here kan na ons toe afkom wanneer ons op ons laagste is om ons op te lig.
– Die Here kan na ons toe afkom wanneer ons op ons droewigste is en vir ons vreugde gee.
– Die Here kan na ons toe afkom in ons wanhoop en vir ons hoop gee.
Gebed: Vader, dankie dat U na my toe wil afkom en my in my behoefte kom ontmoet. U is my groot Verlosser en U sal my red en my na my ‘beloofde land ‘ toe bring. Amen.