‘…Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;…’
– Jou God het jou meer lief en gee meer vir jou om as wat jy besef.
– Sy hart is gevul met deernis en goedertierenheid teenoor jou.
– Die Here is nie kwaad vir jou nie, Hy kom met genade en guns na jou toe.
– Sy liefde en trou teenoor jou is oneindig en onuitputlik.
Gebed: Vader, dankie vir U volmaakte liefde en onbeperkte getrouheid wat U aan my bewys. Ek besef dat daar geen moeite is waarna U nie sou gaan om my te bereik en my te help nie. Amen.