‘….- het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.’
– Wanneer ons met God verbind raak, begin alles omtrent ons om te verander.
– Ons mag miskien nie eers daarvan bewus wees nie maar ons verander op maniere wat ander kan sien.
– Die ding is ons moet tyd saam met die Here deurbring en ons moet met Hom verbind raak.
– Hy sal die verandering in ons lewens teweegbring en hy sal ons ‘n seën vir ander maak.
Gebed: Vader, dankie vir die verandering wat U in my lewe bring. Ek vra dat U, U aangesig oor my sal laat skyn sodat ek U lig en hoop op die mense om my kan weerkaats. Amen.