‘en Ek sal ‘n engel voor jou uit stuur …’
– Jy is nie alleen nie – die Here stuur Sy engel voor jou uit.
– Hy het reeds voorsien en onderneem vir die pad vorentoe.
– Jy kan op Sy teenwoordigheid vertrou terwyl jy vorentoe beweeg.
– Die weg is voorberei en die Here het ‘n pad gemaak.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U ‘n engel vooruit stuur om my pad duidelik te maak. Ek sal vertrou op wat U in my lewe doen en ek sal op U beskerming en leiding vertrou. Amen.