En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?’
– Die grootste lewensvreugde is om te weet dat die Here met ons is.
– Hier verseker die Here persoonlik vir Moses dat HY saam met hom sal gaan.
– Die Here wil jou verseker dat Hy (en sy blywende teenwoordigheid) met jou is.
– Hy sal jou deur die proses na ‘n plek van rus, bring.
Gebed: Vader, dankie vir vandag en vir die versekering dat U met my is. U sal my deur die storm dra en my na ‘n plek van vrede en rus bring. Ek kan U vertrou dat alles vir my goed sal wees! Amen.