‘…..En toe hy (Moses) weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie.’
– Wanneer die Here ons lewens binnetree is dit nooit met vernietiging nie.
– Hy is die onderhouer en gewer van lewe, nie ‘n vernietiger nie.
– Hy gee lewe en Hy verander dit wat ons kan vernietig in iets lewensgewend.
– Al staar jy vandag ‘n vuur in die gesig, sal Hy nie toelaat dat dit jou verteer nie.
Gebed: Vader, net soos wat U aan Moses verskyn het, en sy lewe met potensiaal en ‘n doel aangeraak het, mag U my lewe ook aanraak, sodat ek U bestemming en doel vir my sal nastreef en bereik! Amen.