En Hy antwoord: “Ek sal met jou wees.”
– Die Here sal beslis met jou wees waar jy vandag en die toekoms tegemoet gaan.
– Want Hy het self gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat of versaak nie.’
– Ongeag hoe jy voel, glo wat Hy vir jou sê.
– Wees sterk en moedig, moenie vrees nie, die Here is met jou.
Gebed: Vader, ek neem vandag u Woord en ek ontvang dit in my eie lewe. Ek kies om te glo wat U gesê het, en ek rus in die kennis van u voortdurende, ewige teenwoordigheid in my lewe. Amen.