‘Volgens alles wat Ek jou laat sien – …..-so moet julle dit (die tabernakel) maak.’
– Die Here se planne is altyd die beste ding vir ons lewens.
– Ons moet doen wat Hy vir ons sê om te doen, en nie wat ons dink dat ons moet doen nie.
– Wanneer ons Sy plan volg sal Hy alles wat nodig is, voorsien.
– Wanneer ons ons eie ding doen, moet ons die verantwoordelikheid daarvoor dra!
Gebed: Vader, ek kies om U patroon en plan vir my lewe, te volg. Help my om nie voortvarend te wees nie of om te dink dat ek U kan help nie. Om U wil te kies is altyd die beste keuse wat ek elke dag kan maak. Amen.