‘…, want Ek (die Here) is genadig.’
– Een ding waarvan ons kan seker wees, is dat die Here baie genadig is.
– In sy genade is Hy vriendelik, teer en barmhartig.
– Die HERE is genadig en gevul met onfeilbare liefde.
– Sy liefde het geen perk nie, en sy genade teenoor jou het geen grens of einde nie.
Gebed: Vader, dankie vir u groot liefde en genade teenoor my. Ek besef vandag weereens dat u liefde en groot genade na my uitreik, en ek neem hulle nou aan. In u kosbare Naam, Amen.