‘So het die volk dan op ‘n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.’
– Sommige mense is waarnemers, hulle kyk net wat aangaan.
– Ander mense tree vorentoe en raak betrokke en wil niks misloop nie.
– Die volk het net gekyk, maar Moses het tot in die teenwoordigheid van God ingedring.
– Laat ons nie net waarnemers wees nie, maar kom ons beweeg vorentoe tot binne-in alles wat God vir ons het.
Gebed: Vader, ek begeer om my verhouding met U te ervaar en geniet. Ek kies om daardie ruimte binne te tree, waar ek u teenwoordigheid en nabyheid vir myself sal ondervind. Amen.