En Moses het aan Josua gesê: ‘Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.’
– Waar ons ook al gaan en wat ons ook al doen, moet ons sorg dat die Here met ons is.
– Ons moet nie dinge in ons eie krag of in ons eie wysheid doen nie.
– Die ‘staf van God’ was ‘n simbool dat die Here met hulle was.
– Neem nou Sy hand terwyl jy die dag aandurf, en Hy sal jou die oorwinning gee.
Gebed: Vader, dankie dat U met my is. Selfs as ek deur die donkerste vallei loop, sal ek nie vrees nie, want U is reg langs my. U stok en U staf beskerm en vertroos my. Amen.