Toe sê die Here vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën;...’
– Dit is vir die Here belangrik om in ons daaglikse behoeftes te voorsien,
– Die Here het in hierdie situasie vir hulle brood uit die hemel gegee om in hul behoeftes te voorsien.
– Hierdie ‘brood uit die hemel’ was ‘n goddelike voorsiening van hulle behoeftes.
– Die Here is ook jou Voorsiener, vertrou dus op Hom vir jou voorsiening.
Gebed: Vader, dankie dat U belowe het om in my behoeftes te voorsien. Ek besef dat die hulp wat U gee, miskien nie in die vorm sal wees wat ek verwag het nie, maar U weet wat die beste vir my is, en daarom maak ek eenvoudig staat op U, want U sal voorsien. Amen.