Daaglikse Bybel Vers: Exodus 14:21
‘Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur ‘n sterk oostewind die see laat wegvloei, ….’
– Die Here kan wonderlike wonderwerke in jou situasie bewerk.
– Hy kan oplossings oopmaak wat uit die menslike perspektief onmoontlik lyk.
– Hy kan die mees onwaarskynlike dinge gebruik om antwoorde in ‘n situasie te bring.
– Jy dien ‘n groot God en niks is vir Hom te moeilik nie.
Gebed: Vader, ek bid dat U in my stuasie sal werk. Mag die wind van U Gees die struikelblokke weg waai en ‘n weg open vir my om vorentoe te beweeg in U plan en doel vir my lewe. Amen.