Daaglikse Bybel Vers: Exodus 14:13
‘Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk;…’
– Glo jy werklik dat die Here namens jou kan veg?
– Moses het vir die volk gesê om stil te staan en kyk wat die Here sou doen.
– Dit is moeilik om stil te staan en kyk terwyl die stryd woed.
– Laat die Here jou stryd stry, vrees nie, staan vas en sien wat HY sal doen.
Gebed: Vader, U is my sterkte en my lied. U sal vir my die oorwinning gee en ek sal verheug wees in die wonderlike verlossing wat U in my lewe teweeg sal bring. Amen.