‘En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in ‘n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ‘n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.’
– Die Here wil dag en nag vir jou sorg.
– Gedurende die ‘dag’ seisoene van ons lewens, sal Hy ons lei en stuur.
– Gedurende die ‘nag’ seisoene van ons lewens, sal hy voorsien in alles wat ons nodig het.
– Sy plan is dat Sy teenwoordigheid iets moet wees waarvan ons voordurend bewus is.
Gebed: Vader, dankie dat U soveel vir my omgee dat U my vooruit gaan en die pad vir my voorberei. Ongeag of dit dag of nag is, sal U hand my vashou en my nooit laat los of verlaat nie. Amen.