Daaglikse Bybel Vers: Exodus 13:14
‘….Die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.’
– Moet nooit die Magtige werkende Krag van God in jou lewe onderskat nie.
– Sy Magtige hand kan ons verlos, ‘n deurbraak bring en ons vry maak.
– God se Magtige hand kan ons omstandighede en situasies verander.
– Moenie twyfel aan die Here of Sy vermoë nie, maar verwag en glo en Hy kan jou deurdra!
Gebed: Vader, mag U Magtige, Kragtige hand sigbaar in my lewe wees. Mag U Krag my deurdra met oorwinning en sukses. Mag ek nooit vergeet dat dit U Magtige hand is wat dit vir my gedoen het nie! Amen.