Daaglikse Bybel Vers: Exodus 1:12
‘Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei,…’
– Ons dink soms dat omstandighede ideaal moet wees om voorspoedig en suksesvol te kan wees.
– Die waarheid is dat dit dikwels ten moeilike tye is dat ons eksponensieel groei.
– Moenie die leuen glo dat omdat dinge nie perfek is nie jy nie sal vorder nie.
– Die Here sal dit waardeur jy gaan, gebruik en in die proses sal jy groei.
Gebed: Vader, dankie vir U planne en doele vir my lewe. Help my om nie teëkanting as ‘n bedreiging te ondervind nie, maar help my om U hand in my lewe te sien selfs wanneer dinge nie verloop soos wat ek gehoop het nie. Amen.