‘En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.’
– Die lewe kan ons soms met littekens laat.
– Maar die Here wil kom en dit alles verander.
– HY wil klipperige harte kom verwyder en dit met lewende harte vervang.
– Wanneer Hy ons hart en gees aanraak, kan ons die toekoms met vertroue aandurf.
Gebed: Vader, dankie vir die verandering wat U in my lewe teweegbring. Mag U Heilige Gees my hart kom herstel en nuwe lewe in my gees inasem sodat ek werklik lewendig kan wees. Amen.