Daaglikse Bybel Vers: Efésiërs 6:7
‘en met goedwillligheid die Here dien en nie mense nie,’
– Uiteindelik doen ons alles wat ons in die lewe doen, vir die Here.
– Ons lewens en hoe ons optree is dinge waaroor die Here waak.
– Ons gedagtes en ons gees moet gewillig en vol vreugde wees in alles wat ons doen en sê.
– Daardeur bring ons eer en lof aan die Here terwyl ons Hom dien.
Gebed: Vader, ek bid dat U die manier waarin ek na dinge ‘kyk’, sal verander. Mag ek die dinge wat ek daagliks doen sien as dinge wat vir U belangrik is en mag ek daardie dinge doen asof ek dit vir U doen! Amen.