‘sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,’
– Ons lewens moet gewortel en gebou wees op die fondasie van Sy volmaakte liefde.
– Die onderliggende realiteit van ons daaglikse lewens moet die feit wees dat Hy ons lief het.
– Sy liefde is iets wat ons moet begryp, want dit is so groot dat ons dit nie kan misloop nie.
– Mag jy sonder enige twyfel weet hoe groot die Here se liefde vir jou is.
Gebed: Vader, dankie vir U groot liefde vir my. Vandag besef ek dat U liefde ver bokant my begrip of my verstand is en ver bokant wat my hart en verstand ooit sal kan begryp, maar ek sal rus in die kennis dat U my liefhet en dat U sorg vir my. Amen.