‘Want Hy is ons vrede….’
– Ons lewe in ‘n wêreld wat bekommerd en gestres is.
– Tussen dit alles het ons die Here en Hy is ons Prins van Vrede.
– Hy maak Sy vrede aan ons beskikbaar en sê: ‘My vrede gee ek julle!’
– Die Here is ons bron van vrede, hou jou oë op Hom gerig.
Gebed: Vader, dank U vir die vrede wat U aan my beskikbaar stel. U is my bron van vrede en U is my vrede. Ek kies om my oë van my probleme af te wend en U vrede te soek. Amen.